LODGE AT THE ANCIENT CITY

Luukse lodge naby Great Zimbabwe Monument

Wanneer jy die luukse Lodge at the Ancient City binnegaan, betree jy die era van die Koninkryk van Zimbabwe van baie eeue gelede. Die Lodge laat jou dink aan die prag en misterie van die Great Zimbabwe Monument – die beroemde oorblyfsels van ‘n stad wat eens ‘n florerende Afrika-beskawing gehuisves het. Die koloniale regering het die plek die “ Zimbabwe Ruïnes” genoem.

Harare en Bulawayo in Zimbabwe is albei slegs ‘n rit van 3 ure weg van die Lodge at the Ancient City.

Die Lodge at the Ancient City is op ‘n granietkoppie gebou, met pragtige uitsigte oor ‘n vallei met bome gevul. Die Lodge kyk in die rigting van die Great Zimbabwe Monument. Jy kan dus die “Great Enclosure” met die beroemde Koniese Toring van die Lodge af sien. Die Mutirikwi-meer, die derdegrootste mensgemaakte dam in Zimbabwe, kan ook vanaf die Lodge at the Ancient City gesien word. Die hoofkompleks en gaste-akkommodasie by die Lodge is van klip en dekgras gebou, met strukture van granietbekleding wat die atmosfeer van Zimbabwe se oudste UNESCO Wêrelderfenisgebied vasvang.

Altesaam 48 gaste word in luukse chalets gehuisves. Die chalets sal jou laat voel asof jy ‘n keiser van Afrika kan wees. Daar is 4 gesinchalets, wat elk 4 gaste kan huisves (ekstra beddens kan voorsien word), asook 14 chalets met enkel- of dubbelbeddens. Die chalets is almal en-suite, en toegerus met bad, stort, toilet en wasbak. Vierkantige 13A 220V proppe word voorsien.

Saans skep die kampvure en sagte mbira-musiek by die Lodge at the Ancient City ‘n magiese atmosfeer. Jy kan Table d’hôte maaltye in die opelug-somerhuisie geniet, of as die weer in Zimbabwe nie saamspeel nie, in die grasdak-eetkamer. Reuse granietrotse, kenmerkend van die geologie van baie gebiede in Zimbabwe, maak alles deel uit van die sitkamer en kroeg by die Lodge of the Ancient City.

Aktiwiteite draai om die Great Zimbabwe Monument. Kundige gidse by die Lodge bied ‘n verskeidenheid uitstappies na die beroemde Zimbabwe Ruïnes, waartydens hulle meer oor die oorsprong, geskiedenis en uiteindelike verval van die stad, die verskeie handelsroetes, asook die geloofs- en sosiale praktyke van die eens florerende gemeenskap vertel. Wildbesigtigingsritte en –staptogte in die nabygeleë Mutirikwi-meer Ontspanningspark, asook uitstappies na die stamgebiede wat rondom die Great Zimbabwe-terrein geleë is, word ook by die Lodge at the Ancient City aangebied.

Benewens ‘n swembad, geskenkwinkel en wassery, bied die Lodge at the Ancient City ook goed-toegeruste konferensiegeriewe vir ‘n maksimum van 40 persone aan. Die Lodge at the Ancient City is ook ‘n buitengewone huwelikslokaal en kan tot 120 huweliksgaste huisves. Vervoer van en na die lughawe kan ook gereël word.

  

 

indien jy laat in Harare aankom, kan jy die nag in die Harare Cresta Lodge oorbly voordat jy na die Lodge at the Ancient City by die Zimbabwe ruines vertrek. Sommige mense kom Zimbabwe via Bulawayo binne en bly dan oor in die Churchill Hotel of die Matobo Hills Lodge in die bekende Matobo Hills Nasionale park. 

Dit sal twee dae neem om Namibie van die Lodge at the Ancient City te bereik. Soos wat die Great Zimbabwe Monument 'n hoof attraksie in Zimbabwe is so is die Visrivier afgronde, 'n belangrike besienswaardigheid in Namibie. Indien jy Victoria Falls besoek na jou besoek aan die Lodge at the Ancient City sal jy Namibië deur die Caprivi binnekom en dan kan jy jou eerste nag by Kwando Kamp, 'n luukste lodge in die Caprivi of Zambezi distrik van Namibie vertoef. Jou volgende stop kan die Vingerklip Lodge in Damaraland wees. Hierdie lodge is by die Vingerklip net oos van Khorixas. As wildbesigtiging vir jou belangrik is moet jy ook oorweeg om Etosha Nasionale Park aan te doen. Hulle bied 'n groot verskeidenheid akkommodasie.

Mokolodi Nature Reserve naby Gaborone in Botswana, bied selfsorg akkommodasie op 'n wildreservaat.